Boucher lag Twitter-stryery af

Mark Boucher, afgetrede krieketspeler, het Maandag gesê hy het geen kwade gevoelens oor ‘n Twitter-stryery nadat hy sy ondersteuning aan die Proteas getoon het nie.

Die Proteas het Maandag hul toer in Engeland afgesluit. Boucher het Sondagaand ‘n foto van ‘n vonkelwynbottel getweet en gewonder of dit te vroeg is om dié bottel oop te maak.

Die berugte vonkelwynbottel in die tweet

‘n Bewonderaar van die Engelse span het Boucher op Twitter aangeval en ‘n verwysing na sy onlangse oogbesering gemaak. Die man se kommentaar het ‘n rits verdedigende reaksies van Boucher se bewonderaars en voormalige spanmaats uitgelok. Donné Commins, Boucher se voormalige agent, sê Boucher was verras oor die reaksie, maar ag dié saak nou as afgehandel. Volgens Commins wil Boucher eenvoudig hê Suid-Afrika moet die toetsreeks wen sodat hy die vonkelwyn kan geniet.

Boucher is in Julie gedwing om uit te tree ná hy ‘n oogbesering weens ‘n fratsongeluk opgedoen het.

Suid-Afrika het Maandag die toetsreeks gewen en Engeland in sy eerste posisie op die wêreldranglys in kriekettoetsreekse onttroon.

Klik hier om Mark Boucher op Twitter te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.