Boucher: oogoperasie suksesvol

Boucher net ná hy verlede week in Suid-Afrika geland het. Foto: @nealcol/Twitter

Mark Boucher, ʼn voormalige paaltjiewagter van die Proteas, het Donderdag weer ʼn operasie aan sy oog ondergaan.

Boucher het verlede week in Brittanje ’n noodoperasie aan sy linkeroog ondergaan ná ʼn fratsongeluk  tydens die eerste dag van die Proteas se toer. Boucher het die besering opgedoen nadat ’n dwarsbalkie hom in die oog getref het. Hy het intussen ook sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig.

Krieket Suid-Afrika het Donderdag in ʼn verklaring gesê die operasie het by die Kaapstad-kliniek plaasgevind. Volgens mediese personeel het die operasie goed gegaan en het dit omtrent drie ure lank geduur. “Geen komplikasies of bloeding het voorgekom nie. Die belangrikste deel van sy retina was gelukkig heel. Bloeding wat deur die besering veroorsaak was, is verwyder. Die resultaat van die operasie lyk baie positief en die chirurg is tevrede met die prosedure,” lui die verklaring.

Boucher se familie het hul dank uitgespreek vir al die ondersteuning wat hulle van regoor die wêreld ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.