Bouer kritiek ná hy twee verdiepings val

ʼn 30-jarige bouer is ernstig beseer nadat hy twee verdiepings ver geval het terwyl hy aan ʼn huis in Broadacres, Johannesburg, gewerk het.

Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, is die man op ‘n sypaadjie langs die gebou in erge pyn aangetref.

“Hy het aanvanklik eers met paramedici gepraat en gesê hy het pyn in sy kop, nek en rug. Hulle het hom behandel, maar sy toestand het skielik vinnig begin versleg. Hy is op lewensreddingtoerusting geplaas en met ʼn ambulans na die Life Fourways-hospitaal vervoer vanwaar hy met die AER24-helikoper na die Charlotte Maxeke-hospitaal geneem is. Hy is daar in ʼn kritieke toestand,” het Jackson gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.