Bouer se video laat kindermisbruiker se turf sit

selfoon‘n Bouer wat op die dakterras van ‘n gebou in Wenen, Oostenryk, gestaan het, het gesien hoe ‘n man oorkant die straat sy dogtertjie van twee jaar oud misbruik. Hy het dit toe met sy selfoon op video vasgelê en dit aan die polisie getoon.

Die vermeende misbruiker (50) is hierna deur die polisie besoek, en die man het ontken dat daar enige waarheid in steek tot hy met die video gekonfronteer is.

Die polisie ondersoek nou die moontlikheid dat die man sy ander twee kinders ook misbruik het.

Die boukontrakteur het gesê hy het geweet dat hy bewyse moet voorlê as hy die polisie sou nader.

Bron: ANP via Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.