Braaimoord: Polisieman en boere ondersoek vir vermeende moordenaars se dood

geweer

ʼn Saak van moord is teen ʼn polisiebeampte en twee boere van die Hectorspruit-omgewing in Mpumalanga aanhanging gemaak nadat hulle Maandagoggend in die vroeë oggendure glo twee vermeende moordenaars doodgeskiet het.

Maroela Media het Dinsdag berig die twee vermeende moordenaars is omstreeks 02:00 doodgeskiet nadat hulle glo Sondagaand vir Leon Christo Clur, ʼn inwoner van Hectorspruit, in sy lapa doodgeskiet het terwyl Clur en sy gesin gebraai het.

Die verdagtes het te voet gevlug met twee skootrekenaars, twee selfone, Clur se beursie, ʼn jaggeweer en ʼn haelgeweer en ammunisie. Die polisie, plaaslike buurtwag en veiligheidsmaatskappye het dadelik na die verdagtes begin soek. Hulle het later op van die gesteelde goedere in ʼn veld afgekom. Die soektog is voortgesit en twee mans is later naby ʼn treinspoor in ʼn veld gewaar.

Een van die mans het na bewering ʼn geweer op die polisie gerig, en die polisie het teruggeskiet en albei verdagtes noodlottig gewond. Die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak en moord teen die verdagtes. Lees meer hier.

Sers. Gerald Sedibe het Woensdag aan Maroela Media bevestig dat ʼn saak van moord teen ʼn polisiebeampte van Hectorspruit en twee boere ondersoek word.
“Dit is standaardprosedure en beteken nie hulle gaan noodwendig vervolg word nie. Die polisie moet altyd enige skietvoorval ondersoek. Die ondersoek sal sy normale gang loop en uiteindelik sal die nasionale vervolgingsgesag bepaal of daar verdere stappe geneem moet word,” het Sedibe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jasper ·

Gaan hulle die voorvadergeeste oproep om namens die oorledenes te getuig ?

Theresa ·

‘n Man word by sy eie huis doodgeskiet – besig om te braai en met vriende te kuier. Die booswigte word wonderbaarlik vasgetreken vrek. Nou word daar ‘n saak van moord oopgemaak teen die mense wat gedoen het wat hulle moes. Geen rower wat sommer net ‘n ander doodskiet omdat skiet,skiet is – het die reg om te lewe nie. Maar lyk my deesdae die blerrie gemors het meer regte in hierdie land as enige iemand anders.

Hein ·

Nie alles wat van Amerika af kom is goed nie, maar daar is twee regte wat ek waarlik wens ons in Suid-Afrika het: die reg om onsself te beskerm (right to bear arms), en die doodstraf.
Hier in SA moet ons wetsgehoorsame burgers onsself in die aand gaan toesluit terwyl die rampokkers vry beweeg buite. Indien een van hulle besluit om jou deur af te skop, die man doodmaak, die vrou te verkrag voor almal, en die kinders rond te stamp en te traumatiseer, en jy die wetter skiet, word jy van moord aangekla op iemand wat geen reg het om in jou huis te wees in die eerste plek nie. Ons is ontmagtig om onsself te beskerm.
In ‘n eerste-wêreldse land is ek seker dat die doodstraf ‘n behoorlike afskrikmiddel is. In Suid-Afrika waarin alles tot disfunksie getransformeer word, en met die toestand van ons polisie en howe se lae suksessyfers kan daar definitief ‘n verkeerde persoon die doodstraf opgelê word. ‘n Mens kan tog maar bly hoop dat “regte van ‘n wetsgehoorsame slagoofer” eendag meer sal weeg as die “mense regte van ‘n krimineel”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.