Brakkie die lelikste in die wêreld

Mugly. Foto:IOL

ʼn Haarlose brakkie van Brittanje, Mugly, is Vrydagaand as die wêreld se lelikste hondjie aangewys.

Die 8 jaar oue Chinese maanhaarhond (Chinese-crested) het teen 24 gebroedsel om dié titel meegeding tydens die 24e jaarlikse World Ugliest Dog-kompetisie wat jaarliks in Amerika aangebied word, berig IOL.

Mugly se eienaar, Bey Nicholson, het $1 000 prysgeld ontvang en Mugly ʼn spesiale manteltjie. Nicholson sê in haar oë is Mugly pragtig, “van binne en buite”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.