Brand beïnvloed Kaapse treindienste

Argieffoto.

‘n Treinwa is Vrydagoggend verwoes nadat ʼn brand by ‘n Kaapstadse treinstasie uitgebreek het.

Wilfred Solomons-Johannes, ʼn woordvoerder van Kaapstad se rampbestuur, sê die brand het op ʼn treintrok by die Brackenfell-treinstasie ontstaan.

“Die brand het omstreeks 03:00 as gevolg van ʼn elektriese fout met die oorhoofse kragkabels ontstaan,” het Solomons-Johannes gesê. Twee brandweerwaens en ʼn noodvoertuig is na die toneel ontbied. Die brand is gou onder beheer gebring. Die brand het treindienste tussen Muldersvlei en Bellville asook na Malmesbury, beïnvloed.

Metrorail het busdienste vir pendelaars beskikbaar gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.