Brand breek uit in JHB-woonstelle

ʼn Brand het Sondagoggend in ʼn woonstelblok in Hillbrow in die middestad van Johannesburg uitgebreek, het nooddienste gesê.

Woordvoerder Robert Mulaudzi het gesê die brand het omstreeks 03:30 op die sesde vloer uitgebreek. “Ons het almal ontruim en brandbestryders het die brand om en by 05:30 geblus. ʼn Man is na die hospitaal geneem nadat hy uit die tweede verdieping gespring het.” Mulaudzi sê die oorsaak van die brand word ondersoek. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.