Brand breek uit in Pretoria Wes-hospitaal

Die Pretoria Wes-hospitaal

ʼn Brand het Saterdagaand in ʼn operasieteater in die Pretoria Wes-hospitaal uitgebreek.

ʼn Verwarmer, matras en die plafon van die teater is in die brand beskadig, sê Simon Zwane, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid.

Volgens Zwane is ʼn aanvanklike skadeberekening reeds gedoen. Verdere ondersoek sal ingestel word om die presiese oorsaak van die brand te bepaal en ʼn herhaling van die voorval te voorkom.

Geskeduleerde operasies vir Maandag is gekanselleer en noodprosedures sal in ʼn ander teater uitgevoer word.
“Pasiënte kan gerus wees dat dienslewering nie geraak sal word deur die voorval nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.