Brand by Cavendish Square in Kaapstad

Brandbestryders help die sentrum ontruim Foto deur die gebruiker @firemanwooley op Twitter gelaai

Cavendish Square-winkelsentrum is Donderdagmiddag ontruim nadat ʼn brand in die lugverkoelingstelsel uitgebreek het.

“Rook het by die lugverkoelstelselafvoerbuis in die Mugg & Bean-restaurant uitgeborrel en die hele gebou is as ʼn voorsorgmaatreël ontruim,” het Theo Lane, woordvoerder vir Kaapstad se brand- en reddingsdienste, gesê. Die skade is tot die lugverkoelstelsel beperk met geringe rookskade in van die winkels.

“Die brandweer is omstreeks 16:40 ontbied en die brand is teen 18:30 geblus,” het hy gesê. Vars lug moes egter eers na die brand geblus is in die gebou sirkuleer voordat klante weer toegelaat kon word.

Geen beserings of voorvalle van rookinaseming is aangemeld nie.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.