Brand by Johannesburgse winkelsentrum onder beheer

Die foto is deur die gebruiker @biogen op Twitter gelaai

ʼn Vuur wat Maandagoggend by die Princess Crossing-winkelsentrum in Roodepoort uitgebreek het, was teen 8:00 onder beheer.

Volgens Robert Mulaudzi, ʼn woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het die vuur omstreeks 6:30 ontstaan. “Die vuur het by die DisChem in Ontdekkersweg ontstaan en vinnig na die omliggende winkels versprei. Die brandweer het sowat ʼn uur gespook om die vuur onder beheer te kry. As dit veilig is om die gebou binne te gaan, sal ʼn ondersoekspan ingestuur word om die oorsaak van die brand te bepaal,” het Mulaudzi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.