‘n Brand wat Woensdag by ʼn hoërskool in die Oos-Kaap uitbreek het, is gou onder beheer gebring.
Volgens lt. Nkosikho Mzuku het die brand vroegoggend by Hoërskool Vulamazibuko in Mdantsane ontstaan. “Twee kantore en ʼn klaskamer is beskadig,” het Mzuku gesê.
Die brand het nie die skoolaktiwiteite geraak nie. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting.