Brand in Brasiliaanse nagklub eis minstens 230

Die foto is deur @Cake_NBC op Twitter gelaai.

Minstens 230 mense is dood nadat ‘n brand by ‘n nagklub in die suide van Brasilië uitgebreek het.

Die brand by die Kiss-nagklub in Santa Maria het vroeg Sondagoggend uitgebreek na ʼn klein vuurwerkvertoning die skuim-isolasiemateriaal op die dak aan die brand gesteek het. Meeste van die slagoffers was universiteitstudente en die hoofoorsake van die sterftes was rookinaseming en ʼn stormloop wat uitgebreek het.

Sandro Meinerz, ʼn polisiewoordvoerder, sê die meeste van die slagoffers was onder 20 jaar oud. “Dit was aaklig daarbinne – dit was soos een van daai rolprente oor die Joodse volksmoord, met liggame wat bo-op mekaar gestapel was. Ons moes vragmotors gebruik om die liggame te verwyder. Dit het omtrent ses ure geneem.” Brasilië se president, Dilma Rousseff, het van die beseerdes in hospitale besoek. “Dit is ʼn tragedie vir ons almal.”

Dit is die brand in Brasilië waarin die meeste mense dood is sedert 1961 toe 503 mense dood is in ʼn brand wat by ʼn sirkus uitgebreek het. Dit is ook een van die brande by ʼn nagklub waarin die meeste mense dood is sedert Desember 2000 toe 309 mense in Sjina dood is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.