Brand by JHB-dieretuin

jhb dieretuin‘n Brand wat Vrydagaand by die Johannesburg-dieretuin uitgebreek het, het ‘n restaurant beskadig, het die Johannesburg City Parks and Zoo (JCPZ) gesê.

“Die JCPZ het dadelik senior bestuurslede en bewaringskenners na die dieretuin ontplooi om die veiligheid van die diere en plante in die dieretuin te verseker,” het Bulumko Nelana, besturende direkteur van JCPZ, gesê.

Dit is slegs die “And Chips”-restaurant wat beskadig is.

‘n Ondersoek is van stapel gestuur om die oorsaak van die brand te bepaal. Volgens Nelana is die dieretuin steeds oop vir besoekers. “Dit is slegs die gebied rondom die restaurant wat afgesper is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.