Brand op stel van Hollywood-fliek

Owen Wilson en Lake Bell

Owen Wilson en Lake Bell

ʼn Brand het glo in Thailand uitgebreek op die stel van die Hollywood-rolprent, “The Coup”, met Owen Wilson en Lake Bell in die hoofrolle.

ʼn Woordvoerder van die rolprent se plaaslike produksiemaatskappy het Donderdag gesê die brand het Woensdagaand uitgebreek ná die dag se verfilming afgehandel is. Nie een van die twee sterre was op die stel nie, en geen beserings is aangemeld nie.

ʼn Ontploffingstoneel is glo binne ʼn ou gebou verfilm voordat die brand uitgebreek het. Die polisie vermoed dat die spesiale effekte ʼn elektriese kortsluiting veroorsaak het.

Die rolprent handel oor ʼn Amerikaanse gesin wat in Suidoos-Asië bly en in die middel van ʼn staatsgreep beland.

Pierce Brosnan, wat na verwagting volgende maand in Thailand sal aankom, is ook in die rolverdeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.