Brand saai verwoesting by Mitchells Plain-hospitaal

Argieffoto

ʼn Vuur wat Woensdagoggend by ʼn bouterrein by die Mitchells Plain-hospitaal ontstaan het, is volgens die Kaapse brand-en-reddingsdienste, onder beheer gebring.

Theo Layne, woordvoerder, het gesê die vuur het omstreek 11:00 op die hoek van die R300 en AZ Berman rylaan by die administrasie vleuel uitgebreuk.
“Tans is die grootste deel van die vuur onder beheer, buiten vir ʼn paar plekke waar ons nie kan bykom nie. Ons is nou besig om die plekke te demp.”
Geen konstruksie werker was in die omgewing toe die vuur ontstaan het nie.

Volgens Lane is daar aansienlike skade aan die gebou aangerig.

“Die gebou was amper reeds voltooi maar sal nou omtrent herbou moet word. Volgens die projekbestuurder moes net die vloere nog gelê word.”
Die gebou was veronderstel om teen Oktober klaar te wees. Dit het ʼn waarde van sowat R394-miljoen.
Die oorsaak van die brand word ondersoek.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.