Nagenoeg 15 huise is verwoes nadat ʼn brand Maandagaand in die Oos-Kaap uitgebreek het.
Volgens kaptein Jackson Manatha, ʼn polisiewoordvoerder, het die brand omstreeks 21:30 in die Skiet informele nedersetting in Butterworth uitgebreek en die plakkershuise tot op die grond afgebrand. “Niemand is in die brand beseer nie, maar talle gesinne is sonder ʼn heenkome gelaat,” het Manatha gesê.
Dit is nog nie seker wat die brand veroorsaak het of waar die slagoffers gehuisves gaan word nie.