Nagenoeg 32 brandbestryders het Donderdagaand gespook om ʼn brand te blus wat by ʼn medisynefabriek in Johannesburg uitgebreek het.
Roggers Maila, ʼn woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het Vrydag gesê brandbestryders is steeds by die toneel in Olifantsfontein. “Die brand het Donderdagaand ontstaan en is eers in die vroeë oggendure van Vrydag onder beheer gebring,” het Maila gesê.
“Erge wind het dit moeilik gemaak om die brand te bestry en ‘n groot deel van die fabriek is verwoes.”
Maila het gesê die oorsaak van die brand is nog nie in die stadium bekend nie.
Ek hoop nie dit was die plek wat my bloeddrukpilletjies vervaardig nie.
Ek wou sê daar gaan my hartpille in vlamme op.