Brand verwoes talle plakkershuise

Haweloses soek Maandag na hul besittings in die puin. Foto: EWN

ʼn Brand in Alexandra noord van Johannesburg Maandag het meer as 20 plakkershuise verwoes en talle haweloos gelaat.

Dis nog nie duidelik wat die huise agter die Helen Joseph-hostel op die hoek van 6de Laan en Hofmeyerstraat veroorsaak het nie, maar sommige inwoners beweer dit was ʼn onwettige elektrisiteitsverbinding, berig EWN.
Vier brandweerwaens het die brand geblus terwyl brandbestryders die inwoners probeer help het om van hul besittings te red.

Geen beserings is aangemeld nie, maar die voormalige inwoners van dié huise moet nou, te midde van bitter koue weer, ander blyplek soek. Die haweloses is Maandagnag van huisvesting voorsien, en het komberse en kospakkies ontvang, sê Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste.

Dis die tweede brand in dié omgewing in die afgelope maand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.