Brand vinnig by parlement geblus

Parlementsgebou in Kaapstad

Vinnige optrede deur personeel in die parlement het verhoed dat ‘n brand ernstige skade kon aanrig aan dié geskiedkundige gebou in Kaapstad.

“’n Brand het Vrydag tussen die Ou Raadsaal en Nasionale Raad van Provinsies-gebou uitgebreek,” het die parlement Maandag in ‘n verklaring gesê. Geen beserings is aangemeld nie en slegs ‘n paar kledingstukke en voorwerpe, wat nog nie uitgeken is nie, is beskadig.

“Die parlement se beskermingsdiens het vinnig opgetree en die brand geblus. ‘n Ondersoek sal gedoen word en meer besonderhede sal binnekort verskaf word.” Die verklaring het egter ‘n verwysing na rook in die parlementêre gebied gemaak. “Die parlement het oor die afgelope twee weke “nie rook nie”-tekens by ingange en ander strategiese punte opgerig. Dit is om te voldoen aan die betrokke regulasies en om te verseker dat parlementêre geboue rookvry is en nie-rokers beskerm sal word deur die gesondheidsgevare wat rook kan inhou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.