Brand woed by landdroshof

Foto: www.rightnow.io op Twitter

Chaos heers by die Polokwane-landdroshof nadat ʼn brand omstreeks 10:00 daar uitgebreek het.

Die hofgebou is in vlamme gehul en swart rook bedek die gebou. Nooddienswerkers is op die toneel. Na wat verneem word, word gevangenes wat daar aangehou word in vangwaens gelaai.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Dit is in die stadium nog nie bekend of enigiemand beseer is nie. Sommige persone is wel in ambulanse van die toneel na nabygeleë hospitale geneem.

Meer inligting volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.