Brand woed by weermagbasis

Brandweerpersoneel is tans besig om ʼn brand by die Tempe-weermagbasis in Bloemfontein te bestry.

Braam van Zyl van die Mangaung-brandweerdienste het aan OFM gesê die gebou wat in ligte laaie is, is ʼn drieverdieping hostel. Die brand woed op die boonste verdieping.

Van Zyl sê hulle gaan binnekort die gebou deurgaan om seker te maak dat almal veilig is. Na wat verneem word, word een persoon vir rookinaseming behandel.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.