Brand woed steeds naby Swellendam

Brandbestryders in die Overberg sukkel Vrydag steeds om ʼn veldbrand in die berge bo Swellendam te blus.

Die brand het reeds Donderdag in die gebied uitgebreek. Warm en winderige toestande benadeel hul pogings. Reinard Geldenhuys, hoof van die brandweer in die Overberg sê hulle bestook die gebied nou met waterbomme. “Op die oomblik kon ons al die lyne noord van die dorp in toom hou. Ons het steeds ʼn baie sterk lyn in die berg wat nou in ʼn oostelike rigting beweeg, wat dit moeilik maak om te beheer weens die sterk winde.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

joha ·

Die waterbomme donderdag het baie gehelp.Vrydag het die helikopters geskitter in afwesigheid.Grondeienaars is feitlik oorgelaat om self vuur te probeer beheer.Die brandweer personeel moet asb. iewers opleiding by iemand kry wat iets weet van besyryding. Het almal donderdag gefaal deurdat hulle pasief sit en niks doen nie

Piet le Roux ·

Interessant, Joha. As jy foto’s of meer inligting het, stuur gerus aan.

joha ·

Ons was ongelukkig te besig om water te spuit om nog fotos te neem. Daar was wel 7 persone wat presies dieselfde gesien het.Ek moet seker ook nie veralgemeen nie, want daar is wel wat hard gewerk het.Feite is egter :1)Toe brandweer gebel is donderdagwas die vuur nog klein as hulle darem binne 35 min. daar was.2)As hulle 20m pyp afgerol het en nie tot by vuur wou ry was vuur net daar geblus3)Bosbou wat 1km daarvan was,moes glo eers opdrag van iewers af kry voor hulle mag kom4)Nadat die brandweer sowat 3uur in die teerpad gestaan het sonder om 1 druppel water te spuit,het die vuur hoog teen die pad gebrand.Toe daar gevra word om die vlamme net “af te koel” omdat ons bang was vir vonke oor pad gooi ,was antw dat”ek nie my brandskoene hierhet om te spuit naby vuur”

Ek weet dit is n moelike werk,maar wat is die nut van brandweer as dit so gaan.Dit is erg om van die moee mense te hoor wat saterdag&sondag so hard gewerk het.Sou dit nodig gewees het as daar donderdag flink en reg opgetree gewees het?

Paul ·

Dieselfde as met die vorige brand in dieselfde berg. Die reaksie was baie stadig, en toe die brand eers in die dennebome invaar, was dit te laat om iets daaraan te probeer doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.