Brandbestryder red man van verdrinking

ʼn Brandbestryder het Saterdag ʼn 35-jarige man van verdrinking gered in Broadway, Durban-Noord.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die man was naby aan verdrinking in ʼn swembad in Kensingtonweg toe die brandbestryder hom uit getrek het. “Hy is op ʼn ventilator geplaas en op ʼn traumabord geïmmobiliseer voor hy na ʼn plaaslike hospitaal geneem is vir verdere behandeling.” Botha sê dit is nog nie duidelik hoe die man in die swembad beland het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.