Brandbestryder sterf na rots op hom val

ʼn Brandbestryder is dood terwyl hy ʼn veldbrand probeer blus het tussen Piketberg en Velddrif in die Wes-Kaap.

ʼn Woordvoerder van die Kaapstadse nooddienste, Keri Davids, sê die brandbestryder, glo in sy 30’s, het Sondag gehelp om ‘n brand, wat reeds vir vier dae in Moutonshoek woed, te blus toe die voorval plaasgevind het. “Hy was saam met ses ander brandbestryders toe die grond waarop hulle gestaan het glo meegegee het en drie van hulle geval het. Die man het glo sowat 30 meter ver geval en ʼn rots het bo op hom beland.” Niemand anders is tydens die voorval beseer nie. Davis sê ʼn reddingspan het die aand saam met die mans spandeer aangesien die weer baie sleg was. Die mans het Maandagoggend teruggekeer. Die brandbestryder se liggaam is per helikopter verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.