‘Brandbestryder’ sterf

Argieffoto

ʼn Vermeende brandbestryder is Sondagaand in Turffontein, Johannesburg, dood nadat sy motorfiets deur ʼn motor getref is.

“Die man was bewusteloos en paramedici het noodhulpbehandeling toegepas. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Santi Steinmann, woordvoerder vir Netcare911, gesê. Hy was vermoedelik ‘n brandbestryder. Die bestuurder van die motor het geringe beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.