Brande in Kaapstad laat 1 dood, 67 dakloos

Brande het vandeesweek verwoesting in Kaapstad gesaai. In vier verskillende voorvalle is een persoon dood en 67 sonder heenkome gelaat.

“ʼn Brand het Vrydagoggend in Valhallapark uitgebreek en ʼn huis tot op die grond afgebrand en agt mense dakloos gelaat,” het Wilfred Solomons-Johannes, Kaapstad se rampbestuur-koördineerder, gesê.

Donderdagaand is ʼn man dood na sy plakkershuis in Monwabisipark in Khayelitsha aan die brand geraak het. Vroeër die dag het ʼn brand 11 plakkershuise in die Fisantekraal informele-nedersetting in Durbanville verwoes en 37 mense sonder heenkome gelaat.

Woensdag is vier woonsteleenhede asook nóg plakkershuise in Langa verwoes wat 22 mense dakloos gelaat het.

Volgens Solomons-Johannes is kospakkies, klere, komberse en boumateriaal aan die slagoffers voorsien.

Die oorsake van die brande is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.