Brandende kersliggies, maar niemand weet hy’s dood nie

Alan Moore het alleen gesterf, maar in sy afsterwe word daar nou ʼn paar vrae oor ʼn Ierse dorp gevra.

Vir drie maande lank het inwoners van Wexford in suidoos Ierland verby Moore se huis in Johnstraat geloop. Die huis is naby ʼn kerk en oorkant ʼn parkeerarea geleë. Sommige het opgelet dat die Kersboomliggies steeds in sy huis gebrand het. ʼn Verbyganger het uiteindelik die afgelope Sondag die polisie in kennis gestel. Die polisie het Woensdag die erg ontbinde liggaam as dié van Moore uitgeken. Moore was ʼn 62-jarige immigrant van Engeland wat vir die afgelope dekade in die dorpie gebly het. Iere debatteer tans aanlyn wat van dié dorpie geword het wat eens so ʼn intieme samelewing was. Plaaslike welwillendheidsorganisasie, Alone, sê dat Ierland onttrek het van eensame, ouer mense.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.