Branderplankryer ernstig beseer by Llandudno

ʼn 22-jarige branderplankryer is Woensdagmiddag ernstig beseer toe hy met sy branderplank by Llandudno gery het.

Die branderplankryer het glo ʼn golf begin ry, maar het toe begin val. Hy het kop eerste in ʼn sandbank geval. Lewensredders het opgelet dat die man in die moeilikheid is en is vinnig die see in om die beseerde man te probeer help. Weens die beserings wat hy opgedoen het en die steil en lang pad van die strand af terug na die parkeerarea het die plaaslike paramedici dadelik die ER24-Discovery Medikopter na die toneel ontbied. Die pasiënt het by die toneel reeds behandeling ontvang vir moontlik rug- en nekbeserings voordat hy per helikopter na die Constantiaberg Mediclinic vir verdere behandeling geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.