Brandfort-bejaarde verloor sy hand toe handgranaat ontplof

Argieffoto

Argieffoto

‘n 78-jarige man van Brandfort in die Vrystaat het Woensdagmiddag sy hand verloor nadat ‘n handgranaat in sy motorhuis afgegaan het, het paramedici gesê.

“Volgens die man se familie het hy sy versameling handgranate aan vriende gewys toe die granaat in sy hande ontplof het,” het Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, gesê.

Die man se regterhand is geamputeer en sy linkerhand en maag het erge brandwonde opgedoen.

“Terwyl beamptes van ER24 op pad was na die toneel, het die bejaarde man, sy vrou en kleinkind reeds met hom hospitaal toe begin jaag,” het Majija bygevoeg. “Paramedici het oorgeneem en die man was in ‘n kritieke toestand. Hy het reeds baie bloed verloor.”

Paramedici het met bloedvervangingsterapie begin en pynbeheer toegepas op pad na die Mediclinic in Bloemfontein.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ria Maritz ·

Wat kan ek wat ‘n vrou is nou eintlik se – dis gevaarlik ?

Jammer vir die man, en dankbaar daar was nie noodlottige gevalle nie.

Leana ·

Hoe ouer hierdie ammunisie raak hoe meer onstabiel. So gehoor. Dankbaar dat daar geen lewens verliese was nie, maar sidder om te dink wat kon gebeur. Versamelaar of de not, hierdie goed hoort nie in huise of garage sonder dat dit nie eers onskadelik gemaak is nie.

Willy ·

Dis ‘n gevaarlike versameling! Na dese moet hy sommer met ‘n onskadelike seelversameling begin as hy nou so graag ‘n versameling wil hê.

Ria Maritz ·

Pieter, ek het ‘n video-greep ontvang van ‘n man met geen hande of voete – en dis verstommend om te sien hoe hy so op sy eie regkom. Normaalweg sou mens se “sy hande staan vir niks verkeerd” – HIER IS SO MENS – INSPIRASIE VIR ENIGE PERSOON MET ‘n liggaamsgebrek.

Ria Maritz ·

SLEGS ‘n persoon wat GLO AAN DIE DRIE-ENIGE GOD is ‘n CHRISTEN – om ‘n selferkende AGNOSTIKUS te wees beteken dat mens NIE ‘N CHRISTEN IS NIE !

Gideon ·

Nou dat ek die alles gelees het, dink en onwillekeurig aan Mahatma Gandhi… Hy het een keer gesê: “I like your Christ, I do not like your Christians. Your Christians are so unlike your Christ.”

Die ding is net… Ek vra: In plaas van Gandhi se aanmatigende “gooi gou almal in een pot” oordeel – asof hy nou danig “heilig en sondeloos” was…?! Waarom het Mahatma Gandhi nie Jesus se leringe en voorbeeldige lewenswyse gebruik, tot bekering gekom en net soos Jesus Christus, van Wie hy gesê het hy “van hou”, gelewe nie?

Al wat ek weet is dat die slegte wat ek nie wil doen nie, doen ek gereeld en, die goeie wat ek so graag wil doen, doen ek so min! Ek beskou myself as ‘n ellendige mens – wat maar net kan roem in my swakhede.

Jesus Christus is my enigste losser.

Willy ·

AMEN op jou repliek Gideon. Jy het dit so waar saam gevat. Gandhi was ‘n wyse siel en ek vind ook baie inspirasies in sy skrywes. Voedsel vir die siel. Sal dit nie ‘n heugelike dag wees as party sogenaamde “christene” wyer lees nie? Die wêreld sal een groot hemel wees!
Ek kom agter dat baie siele wat aan die gesprekke deelneem op die forums geen groei na die hoërself groei nie. Baie tragies!

Gideon ·

Sien my skrywe hierbo oor hom julle…; Die ding is net… Ek vra: In plaas van Gandhi se aanmatigende “gooi gou almal in een pot” oordeel – asof hy nou danig “heilig en sondeloos” was…?!

Waarom het Mahatma Gandhi nie Jesus se leringe en voorbeeldige lewenswyse gebruik, tot bekering gekom en net soos Jesus Christus, van Wie hy gesê het hy “van hou”, gelewe nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.