Brandslagoffer: Ouers versoek gebed

Micheal voor die ongeluk

Micheal van Vuuren, ‘n 12-jarige seun van Pretoria, is steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal ná hy ernstige brandwonde opgedoen het.

Micheal is op 15 Julie in die hoësorgeenheid by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria opgeneem ná die houthuis waarin hy saam sy ouers gebly het, afgebrand het. Hy het 80% brandwonde oor sy lyf opgedoen. ‘n Facebook-groep is intussen gestig om geld in te samel vir die gesin.

Volgens die groep is Micheal steeds in ‘n kritieke toestand. Hy het septisemia opgedoen en die infeksie is regdeur sy liggaam versprei. Annerie du Plooy, van die Hero Burn Foundation, het op die Facebook-blad aangedui dat daar geen verandering is nie, en dat hy geen reaksie toon nie. Hulle versoek die publiek om Dinsdagaand vanaf 19:00 saam met hulle vir Micheal te bid.

Sy ma, Rina, en pa, Johan, het geringe brandwonde opgedoen. Die gesin het al hul besittings in die brand verloor.

Klik hier om die Facebook-blad te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.