Brandslagoffertjie se toestand versleg

Foto van die huurhuis wat afgebrand het Foto: Hero Burn Foundation Facebook-blad

Juarica Small, die sesjarige dogtertjie wat Donderdag in hul huurhuis in Bloemfontein verbrand het, se toestand het versleg.

Annerie du Plooy van die Hero Burn Foundation sê Juarica is tans op lewensondersteuningsmasjiene. “Haar interne brandwonde is erger as wat aanvanklik vermoed was. Haar hele liggaampie behalwe haar ooglede en die binnekant van haar bene het gebrand,” het Du Plooy gesê. Sy het glo 85% 3de-graadse brandwonde opgedoen. Juarica is tans onder verdowing en die dokters het Vrydagmiddag vir haar bloed begin gee.

Juarica se ma, Patricia, is ‘n weduwee met drie kinders. Die gesin het glo alles in die brand verloor en het nie versekering gehad nie. Hulle bly tans by bure. Vir meer inligting, kontak die Hero Burn Foundation.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.