Brandstigter-bruidegom moet sit

Jean Greyling en sy vrou. Foto: Alzane Narrai / Central Media Group

Jean Greyling en sy vrou. Foto: Alzane Narrai / Central Media Group

Jean Greyling (28) ʼn bruidegom van Bloemfontein wat ʼn saal by ʼn landgoed aan die brand gesteek het nadat hulle sy troue gekanselleer het, is Vrydag in die stad se landdroshof gevonnis.

Greyling is vier jaar tronkstraf opgelê nadat hy vroeër in die Bloemfonteinse landdroshof erken het dat hy die brand op 27 Julie by die Emoya-landgoed buite Bloemfontein gestig het.

Hy en sy vrou, Lianné Meyer-Bekker (nou Greyling), het die plek bespreek vir hul huwelikseremonie, maar die troue is die dag voor die tyd gekanselleer omdat hulle na bewering nie die deposito betaal het nie. Greyling en sy vrou het later in ʼn restaurant in Bloemfontein getrou.

Buks Westraad, Emoya se eienaar, het na die vonnisoplegging aan OFM-nuus gesê hy glo dat reg geskied het. Die maksimum vonnis vir dié tipe oortreding is 25 jaar en hy voel daarom dat die landdros billik opgetree het.

Lees ook:
Bruidegom hoor vandag sy lot oor brand by trouplek
Bruidegom “jammer” oor brand by trouplek
Bloem-bruidegom skuldig aan brandstigting
Bruidegom brand trousaal af

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willie ·

Wie betaal vir die herstel van die plek?
Moet dit nie deel van die vonnis wees dat hy dit betaal en die tronk straf?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.