Brandstigter is “onberouvol”, “arrogant”

Shaun Jacobs (33) van Kaapstad is 10 jaar gevangenisstraf opgelê nadat hy sy eksmeisie en twee ander aan die brand gesteek het, het die Cape Argus Woensdag berig.

Jacobs wou sy eksmeisie, Gasbeyah Abduragmaan glo vermoor omdat sy nie meer met hom wou uitgaan nie, het die Kaapstadse streekshof bepaal. Sy het glo by ʼn vriend ingetrek, maar op 11 Augustus 2012 het Jacobs by die huis opgedaag en gesê hy wil met haar praat. Sy het dié versoek van die hand gewys.

Volgens die berig het Jacobs twee ure later met petrol opgedaag en dit oor die houtstruktuur, waarbinne Abduragmaan en haar twee vriende gekuier het, gestort. Die drie mense het in die vuur gebrand.

Die hof het drie aanklagte van poging tot moord oorweeg en een van brandstigting, en bevind dat direkte tronkstraf die enigste geskikte straf sal wees vir iemand “wat geen berou getoon het nie” en “arrogant” was tydens die verhoor.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.