Brandstof haal dalk rekordprys

petrol daalGauteng-motoriste sal op 5 Maart waarskynlik vir die eerste keer meer as R14 per liter betaal vir 93-oktaan petrol.

Paul Joubert, ʼn senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, het Dinsdag aan Maroela Media gesê ongunstige bewegings in die rand/dollar-wisselkoers en internasionale petroleumprodukpryse tot dusver in Februarie, dui daarop dat die prys van petrol met sowat 25c tot 30c sal styg, terwyl groothandelprys van diesel sowat 20c hoër sal wees.

Dit sal die prys van 93-oktaan petrol in Gauteng op R14,00 tot R14,05 te staan bring, terwyl die groothandelprys van diesel met ʼn 0,05% swawelinhoud ongeveer R13,31 per liter sal wees.
Hierdie pryse sal onderskeidelik ongeveer 9% en 12% hoër wees as ʼn jaar gelede.

“Dit is belangrik om daarvan kennis te dra dat die stygings in die brandstofpryse niks met die e-tolstelsel of ander regeringspanderingsbehoeftes te doen het nie,” het Joubert gesê. “Die belasting op brandstof is ʼn vaste bedrag per liter, wat slegs jaarliks in April aangepas word. Dit is nie ʼn persentasie soos BTW nie. Dit beteken dat die belastinggaarder nie ʼn hoër bedrag belasting inkry wanneer brandstofpryse weens normale faktore soos die wisselkoers of internasionale petroleumprodukpryse styg nie. Buiten in April is al faktor wat die staat se belastinginkomste uit brandstof beïnvloed, die hoeveelheid wat verkoop word – nie die prys daarvan nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Herman Lotz ·

Ek is so moeg om te sien dat ek nie in Suid Afrika bly nie.
Alles wat die mense in Suid Afrika raak is in Gauteng.
As jy nie in Gauteng woon nie dan is jy nie in Suid Afrika nie.
Die verhoogde brandstof prys raak net Gauteng, wat van ons in die
Noord Kaap. Die mense aan die kus is ook gelukkig hulle brandstof
is goedkoper. Ons arme drommels in die Noord Kaap betaal meer as die Gautengers

Paul ·

As jy in die Gordonia-streek woon, betaal jy die heel meeste. Petrol is daar R0,685 duurder as in Gauteng, en R0,951 duurder as in Kaapstad, Mosselbaai, Oos-Londen, Port Elizabeth en Durban, die plekke waar dit die goedkoopste is.

HARRY ·

ek dink die publieke beskermer moet n bietjie in die petrol verhogings check.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.