Brandstof onder polisiebegeleiding afgelaai

Die vervoerstaking kan glo die komende week vererger.

Ongemerkte tenkers het onder polisiebegeleiding brandstof afgelaai om te verseker dat vakansiegangers wat Sondag wil huiswaarts keer, brandstof kan kry, berig Rapport. Hawe- spoorweë en padwerkwerknemers wil glo dié week ook by die landswye vervoerstaking aansluit, het Vincent Masoga, woordvoerder van die South African Transport and Allied Workers’ Union (Satawu) gesê. Vulstasies, banke, winkels en boere word deur die staking beïnvloed, maar gebeurlikheidsplanne het tot dusver ‘n krisis verhoed.
“Die loononderhandelings het vasgeval,” het Masoga bygevoeg.

Satawu en ander vakbonde eis ‘n salarisverhoging van 12% vir die volgende twee jaar. Die werkgewers bied 10% aan vir die eerste jaar, 8% vir die tweede en 9% vir die derde jaar.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.