Brandstof in plaas van water om brand te blus

brandweer oefenlopie 3‘n Video van die voorval volg onderaan die berig. ʼn Oefenlopie in North Bend, Washington in Amerika, het erg skeefgeloop toe brandbestryders per ongeluk vliegtuigbrandstof in plaas van water gebruik het om ʼn brand te blus.

ʼn Video van die voorval is onlangs deur KING5 vrygestel. Brandbestryders poog om die nagemaakte brandende vliegtuig op ʼn aanloopbaan te blus wanneer die brand, in plaas van om te krimp, ontplof.

Volgens UPI glo ondersoekbeamptes dat ʼn olie-waterskeidingspyp foutief was en toe die brandbestryders se water besmet het. ʼn Waterskeidingspyp word gebruik om water van brandstof te skei wat die brandweer die geleentheid bied om water, wat vir opleiding gebruik word, te herwin.

Slegs twee brandbestryders het geringe brandwonde opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Eleen,

Daar is definitief ‘n North Bend in Oregon ook, maar hierdie betrokke North Bend is ‘n stad in King county in Washington, Amerika.

Beste groete
Suné

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.