Brandstofprys daal

petrol daalDie brandstofprys van alle grade petrol en diesel gaan teen die einde van September daal.

Die departement van energie het Vrydag aangekondig dat die prys van 93- en 95-oktaan petrol volgende week Woensdag onderskeidelik met 20c en 19c per liter gaan daal. Albei grade diesel gaan met 2c daal.

Paraffien se prys gaan met 5c daal en LP-gas met 40c. Die daling in die brandstofprys sou meer gewees het, maar minister Mildred Oliphant het ʼn styging van 4.9c per maand, wat van Woensdag in werking tree, bygewerk om die loonaanpassing van petroljoggies te akkommodeer. Dit volg nadat werkgewers en Numsa Vrydag ʼn ooreenkoms bereik het wat die drie week lange staking van petroljoggies tot ʼn einde gebring het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Vas Vat ·

Jaag die joggies weg, in ander dele van die wereld tap jy jou eie brandstof.

Herman ·

In Ierland gooi jy self brandstof in jou voertiug. Ek kan self branstof in my motor gooi ek gee glad nie om dit te doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.