Brandstofprys haal rekordvlakke

Die nuwe brandstofprys vir Julie is pas bekend gemaak.

Motoriste gaan in Julie 84c meer vir beide 93- en 95-oktaan petrol moet opdok en 78,2c vir beide grade diesel. “Die stygings, wat in lyn met verwagtinge is, is hoofsaaklik te wyte aan die swakker rand/dollar wisselkoers vergeleke met die gemiddelde koers vir Mei,” het Paul Joubert, ʼn senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, Vrydag aan Maroela Media gesê.

Internasionale petroleumprodukpryse het ook deur die loop van die maand gestyg. Laastens is die leiheffing (slate levy) ook met 2,2c per liter verhoog.

93-oktaan petrol in Gauteng sal nou presies R13 per liter kos, terwyl 95-oktaan petrol aan die kus R12,86 per liter sal kos.

Diesel met ʼn 0,05% swawelinhoud se groothandelprys sal sowat R12,15 in Gauteng wees, en sowat R11,89 aan die kus.

“Hierdie pryse is almal nuwe rekordpryse,” het Joubert gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.