Ten spyte van stygende brandstofheffings en ʼn swakker rand kan daar moontlik in April dalings van enkele sente in die pryse van petrol en diesel wees.
Volgens Paul Joubert, ‘n senior navorser by Solidariteit, het internasionale petroleumprodukpryse deur Maart beduidend gedaal, en dit laat die plaaslike pryse afwaarts neig. “April se prysvooruitsigte word egter gekompliseer deurdat minstens drie verskillende heffings op brandstof verander, en daar ook moontlik verskille tussen provinsies sal wees,” het hy gesê.