Brandstofpryse styg weer

Verbruikers kan verwag om van 3 April af meer te betaal vir brandstof.

Die pryse van petrol en diesel sal op 3 April met ongeveer 7c tot 12c per liter styg, afhangende van die graad van die brandstof en die geografiese ligging van die vulstasie waar dit gekoop word.

“Die onverwagse styging is hoofsaaklik aan ʼn onvoorspelbare styging van 10,96c per liter in die sogenaamde leiheffing (slate levy) te wyte,” het Paul Joubert, senior navorser by Solidariteit se Navorsingsinstituut, gesê. “Die feit dat die styging twee dae vroeër as gewoonlik aangekondig is, het ook ʼn klein invloed gehad, aangesien die berekeningstydperk vir die prys slegs 18 dae was en nie 20 soos aanvanklik verwag nie. Daar sal wel met die prysverandering in Mei hiervoor opgemaak word.”

Die prys van 95-oktaan petrol sal in Gauteng met 12c per liter styg, terwyl dit aan die kus met 10c sal styg.
Die prys van 93-oktaan petrol in Gauteng sal 10c per liter hoër wees.
Die groothandelprys van ʼn liter diesel met ʼn 0,05% swawelinhoud sal in Gauteng 9,06c hoër wees, terwyl dit 7,16c hoër sal wees aan die kus.
Die groothandelprys van ʼn liter diesel met ʼn 0,005% swawelinhoud sal in Gauteng 10,06c hoër wees, terwyl dit 8,16c hoër sal wees aan die kus.

“Die prysstygings kan ook verder van distrik tot distrik verskil, aangesien die vervoerdifferensiale tussen distrikte ook aangepas is.” het Joubert bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

en ons beraal vir zuma en sy trawante se petrol, so wat sal hulle worrie oor di man op straat wat by die werk mut kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.