Brandstoftekort duur voort in Gauteng

Talle vulstasies in Gauteng het nie meer voorraad van sommige grade petrol nie.

Daar word veral probleme ondervind by talle Shell-vulstasies in die provinsie. ʼn Woordvoerder van Shell, Elton Fortuin, sê meeste van die Shell-vulstasies sal teen Dinsdag geen voorraad van sommige grade petrol hê nie. Fortuin sê dit is as gevolg van “produksie kwessies by ʼn derdeparty raffinadery in die binneland, asook die sluit van ons Alberton-depot”. Dié depot is Vrydag gesluit na ʼn brandstoflekkasie. Fortuin sê hoewel die situasie reeds onder beheer is sal die depot eers weer in werking gestel word wanner dit veilig is. Daar word ook probleme ondervind by sekere BP en Caltex vulstasies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.