‘n Bejaarde man van ʼn dorpie in die weste van Hongarye is onlangs dood nadat hy glo deur twee donkies vertrap en gebyt is.
Die Huffington Post berig die voorval het op ʼn plaas naby die dorpie Magyarszecsod plaasgevind.
Sandor Horvath, ‘n 65-jarige afgetrede brandweerman, is na bewering van sy bromponie afgestamp deur die donkies wat hy op ‘n kleinhoewe naby sy plaas aangehou het. Die donkies het hom daarna glo 50 meter ver gesleep, gebyt en vertrap.
Horvath se liggaam is deur ʼn plaaswerker gevind. Daar is aanvanklik gedink dat hy deur wolwe of wilde honde verskeur is, maar ʼn nadoodse ondersoek het bevind dat die donkies vir sy dood verantwoordelik was.
Plaaslike owerhede het intussen beslis dat die donkies van kant gemaak moet word. “As hierdie honde was, sou hulle uitgesit moes word. Ons kan nie toelaat dat diere rondloop en mense doodmaak nie. Om hulle van kant te maak, is die beste ding om te doen,” het ʼn polisiewoordvoerder gesê.
Dit wys jou net tot n donkie weet wat in die midia aangaan. Die donkie het seker die opskrifte teen
die pale in die dorp gesien dat hulle ook enige vleis in hulle wors gebruik.
Dis erg