Brandweerman val 50m van krans af

Foto: ER24

ʼn Brandweerman is in ʼn ernstige toestand nadat hy Dinsdagoggend van ʼn krans afgeval het terwyl hy besig was om ʼn veldbrand in Hillcrest, Kwazulu-Natal, te bestry.

“Die brandweerman (46) het ʼn brand tussen digte bome bestry toe hy sowat 50 meter ver geval het,” het André Visser, ʼn woordvoerder van ER24, gesê.

Volgens Visser moes paramedici inderhaas onder moeilike omstandighede op die toneel kom. “Reddingswerkers en nooddienste moes van toue gebruik maak om teen die krans af te seil om by die beseerde uit te kom. Noodhulptoerusting is ook na die beseerde afgesak,” het Visser gesê.

Die man is op die toneel vir ʼn gebreekte been asook rug- en nekbeserings behandel. Hy is op die toneel stabiliseer en per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer, waar hy tans aansterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.