Breytenbach betrek arbeidshof

Advokaat Glynnis Breytenbach. Foto: Werner Beukes/SAPA

Aanklaer Glynnis Breytenbach en haar prokureur, Gerhard Wagenaar, gaan Maandag ‘n aansoek by die arbeidshof indien om in haar vorige pos heraangestel te word.

Dié stap word geneem nadat die nasionale direkteur van Openbare Vervolging (NDPP) besluit het om haar van die kantoor van die spesialemisdaad-eenheid na die kantoor van die direkteur van Openbare Vervolging in Pretoria te skuif.

Breytenbach is op 27 Mei deur ‘n tugverhoor onskuldig bevind op 15 aanklagte teen haar. Een van die aanklagte was dat sy nie onpartydig opgetree het toe sy die Kumba Iron Ore/Sishen en Imperial Crown Trading-mynregtedispuut ondersoek het nie, weens ‘n “onbehoorlike verhouding” met Sishen se prokureur Mike Hellens.

Lees ook:
Breytenbach gaan arbeidshof toe
Breytenbach word geskuif
Breytenbach terug werk toe
Glynnis Breytenbach onskuldig
Skote geskiet op geskorste Mdluli-aanklaer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.