Breytenbach glo op DA-kandidatelys

Adv. Glynnis Breytenbach. Foto: Werner Beukes/SAPA

Adv. Glynnis Breytenbach. Foto: Werner Beukes/SAPA

Glynnis Breytenbach gaan glo haar werk by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) bedank om as ʼn kandidaat vir die DA te staan in die algemene verkiesing, berig die Sunday Times.

Breytenbach is een van ses kandidate wie se name vertroulik gehou is toe Helen Zille, leier van die DA, Saterdag die party se kandidatelyste in Johannesburg bekend gemaak het. James Selfe, die DA se federale uitvoerende voorsitter, sê Breytenbach se besluit sal momentum gee aan die party se verkiesingsveldtog. “Advokaat Breytenbach is op die DA se Gauteng-lys vir die nasionale vergadering, in ʼn posisie wat dit baie moontlik maak dat sy as parlementslid vir die DA verkies kan word. Sy sal ʼn waardevolle byvoeging wees tot die DA se span in die parlement. Sy is beginselvas en dapper met ʼn passie vir die wet en ʼn skerp oog vir detail. Ek het geen twyfel dat sy ʼn uitstekende wetgewer sal wees nie.” Gerhard Wagenaar, Breytenbach se prokureur, het aan die Sunday Times bevestig dat Breytenbach die NVG Vrydag in kennis gestel het dat sy hulle op 30 April sal verlaat. Daar word vermoed dat Breytenbach die vertroulike kandidaat is wat by nommer agt op die DA se Gauteng-lys verskyn.

Lees ook:
Glynnis Breytenbach se saak afgekeur
Breytenbach betrek arbeidshof
Breytenbach gaan arbeidshof toe
Breytenbach word geskuif
Breytenbach terug werk toe
Glynnis Breytenbach onskuldig
Skote geskiet op geskorste Mdluli-aanklaer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.