Breytenbach terug werk toe

Advokaat Glynnis Breytenbach tydens haar vorige verhoor in Februarie. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Donderdagmiddag aangekondig dat adv. Glynnis Breytenbach toegelaat sal word om terug te keer werk toe.

“Die NVG is in ooreenstemming dat adv. Breytenbach moet terugkeer werk toe na gelang van die uitkoms van die interne dissiplinêre verhoor,” het Bulelwa Makeke, woordvoerder van die NVG, gesê. “Die NVG het vandag ʼn geskrewe kommunikasie aan haar gestuur wat die besluit bevestig.” Makeke sê Breytenbach sal Maandag met haar terugkeer met adv. Nomgcobo Jiba, waarnemende hoof van die NVG, vergader.

Breytenbach is verlede week vrygespreek op al 15 aanklagte teen haar. Sy is in April 2012 geskors vir haar hantering van die mynregte-dispuut tussen Imperial Crown Trading (ICT) en Sishen/Kumba. Die NVG het aangevoer dat Breytenbach geskors is nadat sy glo haar magte in die Kumba-saak misbruik het. Breytenbach het beweer dat sy geskors is weens haar weiering om ‘n bedrog- en korrupsiesaak teen lt.genl. Richard Mdluli, voormalige hoof van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, te laat vaar. Breytenbach was die Gautengse hoof van die gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid ten tyde van haar skorsing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.