BRICS beklink ruimte-ooreenkoms

RadioAstron

Die Suid-Afrikaanse nasionale ruimte-agentskap (Sansa) en die Russiese federale ruimte-agentskap (Roscosmos) het Dinsdag tydens die BRICS-beraad in Durban ʼn ooreenkoms geteken vir die gesamentlike gebruik van die RadioAstron-ruimtesatelliet.

“Hierdie ooreenkoms bevestig die strategiese rol wat ons kan speel in die gebied van die globale ruimtewetenskap en -tegnologie as gevolg van ons geografiese ligging in die suidelike halfrond en bied ook ‘n geleentheid om ruimtewetenskap en -tegnologie te gebruik om tot sosio-ekonomiese ontwikkeling by te dra,” het Derek Hanekom, minister van wetenskap en tegnologie, gesê.

In 2006 het die Suid-Afrikaanse en Russiese regerings ‘n ooreenkoms onderteken om saam te werk met die verkenning en gebruik van die buitenste ruim vir vreedsame doeleindes. Dié ooreenkoms het die weg gebaan vir die RadioAstron-ooreenkoms.

Roscosmos het die RadioAstron-satelliet in Julie 2011 gelanseer. Dit dra ‘n radio-teleskoop wat beelde en koördinate verkry van verskeie voorwerpe wat radiogolwe afgee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.