BRICS besluit oor ontwikkelingsbank

Die BRICS-groep van opkomende magte het Dinsdag ‘n ooreenkoms bereik om ‘n ontwikkelingsbank te stig wat glo ‘n mededinger sal wees vir instansies wat deur Westerse lande befonds word.

“Dit is gedoen,” het Pravin Gordhan, minister van finansies, gesê nadat hy met sy eweknieë van Brasilië, Rusland, Indië en Sjina vergader het. “Ons het goeie vordering gemaak. Die leiers sal die besonderhede aankondig,” het hy bygevoeg.

Die bank sal moontlik op infrastruktuur-befondsing fokus, ‘n direkte uitdaging ná sewe dekades van dominansie deur die Wêreldbank. Dit is die eerste keer sedert die eerste BRICS-vergadering vier jaar gelede wat die groep gehoor geen aan versoeke vir ‘n meer ewewigtige globale orde.

Die BRICS-lande verteenwoordig 25% van die globale BBP en 40% van die wêreld se bevolking.

Dit sal egter nog ‘n hele paar jaar duur voordat die bank gevestig sal wees.

Diplomate het gesê elke BRICS-land gaan $10 miljard moet voorskiet, maar die presiese rol van die bank moet nog debatteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.