Bridget Oppenheimer sterf

Bridget Oppenheimer

Bridget Oppenheimer

Bridget Oppenheimer, die weduwee van mynmagnaat Harry Oppenheimer, is Woensdag in die ouderdom van 92 oorlede.

Volgens die Business Day het Oppenheimer Woensdag in haar slaap heengegaan. ʼn Woordvoerder van die familie het bevestig dat sy ʼn kort siekbed gehad het.

Sir Harry Oppenheimer is in Augustus 2000 in die ouderdom van 91 oorlede.

Haar kinders, Mary Slack en die tweede rykste man in Afrika, Nicky Oppenheimer, het aan die koerant gesê hul ma het ʼn vol lewe gehad. “Ons vier haar en haar talle prestasies op so baie velde. Haar kinders, kleinkinders en agterkleinkinders sal haar baie mis.”

Die rolprentvervaardiger Anant Singh en sy vrou Vanashree het gesê Oppenheimer se afsterwe is ʼn verlies vir die perderesiesbedryf en die hele land. Anant het haar beskryf as ʼn “merkwaardige vrou wat baie trots was op die tyd wat sy tydens die Tweede Wêreldoorlog as ʼn verpleegster op Robbeneiland gewerk het”.

Oppenheimer was veral bekend as eienaar van resiesperde. Haar perde het die Durban July ses keer gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.